Die Fantastiese Mevrou Smit - Elizabeth Wasserman

Die Fantastiese Mevrou Smit - Elizabeth Wasserman

Regular price
R 239.00
Sale price
R 239.00
Regular price
R 289.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

As nuweling op Aronspoort maak mevrou Smit dadelik amok:  Kort na haar aankoms slaap sy in 'n polisiesel nadat sy oop en bloot 'n sopie hardehout agter die stuur geneem het.  Die volgende oggend, toe sy by haar nuwe huis instap, wag daar 'n gruvonds op haar kombuisvloer:  'n vrou se lyk.  Was die moordenaar eintlik op soek na haar?  Is daar 'n losprys op haar kop?

Mevrou Smit is nie 'n lelie wat jy sonder 'n skêr probeer pluk nie.  Sy besluit summier sy gaan die moordenaar vastrek, maak nie saak op hoeveel tone sy trap of hoeveel geraamtes sy uit die dorp se kas laat kletter nie.  Nog mense sterf en mevrou Smit raak al hoe ongewilder.  Nie eens die dokter met die mooi blou oë spring haar skerp tong vry nie.

Want sien, sy is 'n vrou met 'n donker verlede.  As die polisie te lank krap, kom hulle dalk op haar geraamtes af.  En dit mag onder geen omstandighede gebeur nie ...