Blou Moord - François Bloemhof

Blou Moord - François Bloemhof

Regular price
R 279.00
Sale price
R 279.00
Regular price
R 309.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Ludo Labuschagne breek weg saam met 'n klompie mense - en selde was die syfer 13 al so ongelukkig.  Die dood lê besoek af nog voor die groep hulle bestemming, 'n private eiland, bereik.

Hoe later hoe kwater.  Wie wil vir wie dood hê?  Om watter rede?  Wie gaan in die slag bly:  Una, die weduwee en weldoener van die groep,  dominee Attie, sy lankmoedige vrou en hulle tieners, die selfingenome akteur Toon, die jong sielkundestudent Suné, die weermagvriend Cor, die Pedrito's wat daar is om die huishouding seepglad te laat loop, of Ludo, sy ma en oom Dippie?

Nêrens kom jy verder weg van alles as op 'n eiland nie.  En nêrens is jy so blootgestel wanneer daar moord in die lug is nie ...

Blou Moord is nommer 3 in François Bloemhof se wiedoenit-speurreeks.  Die vorige titels is Die duiwel maak my hart so seer (2021) en Kry vir jou (2022).